Help Wynand om weer op die pad te kom
Ons doen ’n beroep op almal se hulp om Wynand, beter bekend as Wynand Windpomp, weer op die pad te kry.
Hy het ses jaar gelede ’n Ford Transit Connect gekoop wat hy daagliks gebruik om by sy optredes uit te kom en sy toerusting veilig te vervoer. Hierdie voertuig is sy brood en botter – sonder dit raak sy werk en verantwoordelikhede byna onmoontlik.
Net ’n maand en ’n half gelede het Wynand meer as R22 000 bestee aan groot herstelwerk en instandhouding om seker te maak die voertuig is betroubaar. Tot sy groot hartseer het die bus egter skaars 1 500 km gery toe die enjin onherstelbaar beskadig is – ’n gat in die enjinblok beteken dit moet heeltemal vervang word.
Ford het hom R50 000 gekwoteer vir slegs ‘n enjin blok, en die enigste 2de-handse kompleet enjin opsie wat opgespoor is, kos steeds R40 000, plus installasie en vervoer terug na die Kaap. Vir iemand wat reeds sy spaargeld in die voertuig ingesit het, is dit eenvoudig buite bereik.
Daarom vra ons jou hulp 🙏
Elke bydrae – groot of klein – sal Wynand ’n stap nader bring aan ’n nuwe enjin en die kans gee om weer sy werk te doen en sy verpligtinge na te kom. Selfs as jy nie finansieel kan help nie, kan jy baie beteken deur hierdie veldtog met ander te deel.
Kom ons help saam om Wynand weer op die pad te kry. 💙



HOE KAN JY HELP?
Nuuspod is ’n podstasie oor nuus en aktualiteit in Afrikaans, aangebied deur Izak du Plessis, voorheen aanbieder van Monitor en Spektrum, asook Kommentaar op RSG. Izak is ook ’n skrywer en het twee boeke gepubliseer: Boereverneukers en Ralph Haynes: Godfather van die Wesrand. Hy skryf gereeld artikels vir Rapport en ander publikasies, en hy is die aanbieder van die televisiereeks Boereverneukers wat op VIA uitgesaai word.
Vir die beste nuus gebeurlikhede asook saaklike besprekings kan jy nie anders as om na Nuuspod te luister daagliks nie.
Druk op logo om in te skakel!

